Watter maand se Flitslig is dit die? Waar is die datum?
Die maand verskyn vertikaal op die boekie se voorblad, net regs van Flitslig se embleem.
Hoe lank bestaan Flitslig al?
Die blad word al uitgegee sedert April 2000.
Die hoeveelste uitgawe is dit?
Die uitgawe se nommer kom voor reg bo die Flitslig embleem se G op die voorblad van die boekie.
Waar is die volgende maand se sperdatum?
Op bl. 20 bo-aan.
Kan ek na die sperdatum nog adverteer?
Ja gerus. Epos-advertensies word tot die vyfde dag van die maand aanvaar.
Hoekom moet advertensies & inbetalingstrokies saam ingestuur word?
Dit verminder administrasie. As hulle gelyk inkom, is dit afgehandel en hoef daar nie boek gehou te word van advertensies sonder betalings of betalings sonder advertensies nie.
Hoe gereeld & wanneer verskyn Flitslig?
Flitslig verskyn een maal per maand, gewoonlik tussen die 20ste en 30ste dag van die maand.