Hou die sperdatum in gedagte. Dit is gewoonlik die eerste of tweede dag van die maand.
Stuur advertensies per epos, sms of whatsapp. As ontvangs nie binne twee dae erken word nie, maak asb seker of dit deurgekom het.
Uitleg en tikwerk word teen geen ekstra koste gedoen. As u self die uitleg doen, maak asseblief seker dat die besigheidsnaam of die produk wat u adverteer en die telefoonnommer baie duidelik is - dis die belangrikste in u advertensie.
Maak presies hoe groot die advertensie moet wees. Meet een in Flitslig of skakel ons. Alle bladsye moet 'n kantlyn van minstens 1.3cm hê om dit goed op die drukmasjien te laat inpas. 'n Volblad kan dus nie groter as 12 x 18cm wees nie.
Kleur advertensies moet in hoë resolusie PDF - XIA formaat wees.
As u 'n landlyn en ‘n selfoonnommer het, plaas albei in u advertensie.
Alle advertensies moet asb saam met die inbetalingstrokies gestuur word. Slegs internet-betalings word aanvaar ná die vyfde van die maand. Geen tjeks word aanvaar nie.
As advertensies nie betaal is nie, kan dit nie geplaas word nie.
Advertensies wat geskandeer word, druk nie duidelik nie. As u die uitleg doen, stuur die advertensie in die regte grootte, as ‘n Publisher-, Word- of jpg-lêer of tik die advertensie in die briefspasie van 'n epos.
Lees asseblief u advertensie as Flitslig verskyn en skakel onmiddellik as daar 'n fout is.
Smaak verskil, dus as u advertensie te vaal of te besig na u sin is, u verkies 'n ander skriftipe of u wil prentjies insit, laat weet gerus.
Gereelde advertensies kom afwisselend op regter- en linkerkantse bladsy en skuif elke maand vyf bladsye aan sodat almal ‘n regverdige kans op ‘n goeie plek kry.